Die Mense Agter die Visie

Jong leiers. Groot visie. Blywende impak.

Die Span

Jeugbemagtiging

Die Hessekwa Jeugmusiekfees word gelei deur ’n dinamiese direksie van jong professionele persone onder die ouderdom van 35, met uiteenlopende ervaring in kultuur, onderwys, sport en gemeenskapsontwikkeling. Ons span deel ’n passie vir innovasie, jeugbemagtiging en die skep van volhoubare geleenthede wat ’n blywende verskil in plattelandse gemeenskappe maak.

Die organisasie word verder versterk deur die leiding en mentorskap van dr. Marlene le Roux, ’n gerespekteerde leier in die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuursektor. As mentor van die Hessekwa Jeugmusiekfees en deur Artscape se betrokkenheid as kultuurvennoot, help sy om ons visie te ondersteun en nuwe geleenthede vir jong talent te ontsluit.

Die Bestuur Span

gerswin cupido heesekwa jeugmusiekfees voorsitter

Gerswin Cupido

Stigter/Uitvoerende Voorsitter

Chantell Jansen hessekwa jeugmusiekfees

Chantell Jansen

Direksielid

bradley heunis hessekwa jeugmusiekfees ondervoorsitter

Bradley Heunis

Ondervoorsitter

dr marlene le roux hessekwa jeugmusiekfees mentor

DR Marlene le Roux

Mentor