Die Hessekwa Jeugmusiekfees word gelei deur ’n dinamiese direksie van jong professionele persone onder die ouderdom van 35, met uiteenlopende ervaring in kultuur, onderwys, sport en gemeenskapsontwikkeling. Ons span deel ’n passie vir innovasie, jeugbemagtiging en die skep van volhoubare geleenthede wat ’n blywende verskil in plattelandse gemeenskappe maak.
Die organisasie word verder versterk deur die leiding en mentorskap van dr. Marlene le Roux, ’n gerespekteerde leier in die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuursektor. As mentor van die Hessekwa Jeugmusiekfees en deur Artscape se betrokkenheid as kultuurvennoot, help sy om ons visie te ondersteun en nuwe geleenthede vir jong talent te ontsluit.